1. God wat onreg oordeel, Here,God van oordeel, vertoon tog Uself!
2. Kom, Regter van die aarde!Vergeld die hoogmoedigesvolgens wat hulle verdien.
3. Hoe lank, Here, sal die goddeloses,hoe lank sal die goddeloses seëvier?
4. Hulle borrel oor met astrante woorde;al die boosdoeners spog daarmee.