Psalms 91:9-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. As die Here jou toevlug is,as die Allerhoogste jou skuilplek is,

10. sal geen kwaad jou tref,en geen ramp naby jou tent kom nie.

11. Want Hy sal sy engele beveelom jou te beskermoral waar jy gaan.

12. Hulle sal jou op die hande drasodat jy nie jou voet teen ’n klip stamp nie.

13. Op die leeu en die adder sal jy trap,die jong leeu en die slang vertrap.

14. “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom verlos;omdat hy my Naam ken, sal Ek hom beskerm.

15. Hy sal roep, en Ek sal antwoord;in nood sal Ek by hom wees.Ek sal hom red en in eer herstel.

16. Ek sal hom ’n lang lewe gee,en hy sal my verlossing sien.”

Psalms 91