1. Here, U was ons toevlugvan geslag tot geslag.
2. Voordat die berge gebore isen U die wêreld voortgebring het,van ewigheid tot ewigheid, is U God.
3. U laat mense weer terugkeer tot stof, en sê:“Keer terug, mensekinders!”
4. Vir U is duisend jaar soos gister wat verbygaan,soos ’n nagwaak wat gou verby is!
5. U vee mense wegsoos drome wat verdwyn,soos gras wat in die oggend opkom:
6. Soggens skiet dit op en groei,in die aand verdroog dit en verwelk.
7. Inderdaad, ons kwyn weg onder u toorn;ons is oorweldig deur u woede.
8. Ons sondes is oop en bloot voor U,ons geheime sondes word bekendin die lig van u teenwoordigheid.