Psalms 89:9-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Here, God die Almagtige,wie is magtig soos U, Here?U is omring deur u getrouheid.

10. U heers oor die bruisende oseane.As die golwe styg, laat U dit bedaar.

11. U het vir Rahab vernietig,met u sterke arm u vyande verdryf.

12. Aan U behoort die hemel,die aarde is u besitting,die wêreld en alles daarin –dit alles het U gemaak.

13. U het noord en suid gemaak,Tabor en Hermon prys u Naam.

14. U arm is toegerus met mag,u hand is sterk,u regterhand is omhoog!

15. Geregtigheid en regis die fondament van u troon.Onfeilbare trou en waarheidis tot u diens.

16. Geseënd is hullewat U met vreugde dien,wat lewe in die ligvan u teenwoordigheid, Here.

17. Hulle juig die hele dag oor u Naam,is verheug oor u regverdigheid.

18. U is hulle kragtige roem.Deur u goedheid is ons sterk.

Psalms 89