Psalms 89:38-46 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

38. Soos die maan is dit daar vir altyd,’n getroue getuie in die lug!” Sela

39. Maar U het hom verwerp en verstoot.U was kwaad vir u gesalfde.

40. U het u verbond met hom laat vaar,U het sy kroon op die grond vertrap.

41. U het al sy stadsmure afgebreeken sy vestings in puinhope verander.

42. Elkeen wat verbykom, beroof hom,terwyl sy bure hom bespot.

43. U het sy vyande laat triomfeer,al sy teenstanders laat jubel.

44. U het sy swaard nutteloos gemaak,hom nie bygestaan in die geveg nie.

45. U het sy grootsheid beëindigen sy troon op die grond gegooi.

46. U het hom oud voor sy tyd gemaaken hom met vernedering oordek. Sela

Psalms 89