8. U toorn rus swaar op my,u golwe het oor my geslaan. Sela
9. U het my vriende van my weggeneem.U het gemaak dat hulle my verafsku.Ek is vasgevang en kan nie ontsnap nie.
10. My oë is dof van droefheid.Here, elke dag roep ek Uom hulp,en sprei my hande uit na U in gebed.
11. Is u wonders vir die dooies bestem?Staan dooies op om U te loof? Sela
12. Word u liefde in die graf verkondig,en u trou in die plek van verderf?
13. Is u wonders bekend in die donkerte,u regverdigheid in die plek van vergetelheid?
14. Maar ek roep na U om hulp, Here.Elke oggend is my gebed voor U.