Psalms 88:10-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. My oë is dof van droefheid.Here, elke dag roep ek Uom hulp,en sprei my hande uit na U in gebed.

11. Is u wonders vir die dooies bestem?Staan dooies op om U te loof? Sela

12. Word u liefde in die graf verkondig,en u trou in die plek van verderf?

13. Is u wonders bekend in die donkerte,u regverdigheid in die plek van vergetelheid?

14. Maar ek roep na U om hulp, Here.Elke oggend is my gebed voor U.

15. Here, waarom verstoot U my?Waarom draai U weg van my?

16. Vanaf my jeug het ek gelyen was ek naby my dood.Die las van u verskrikkinghet my in verwarring.

17. U toorn het my oorweldig;u verskrikking het my vernietig.

18. Die hele dag omring hulle mysoos vloedwateren sak op my toe van alle kante.

19. U het geliefdes en vriendevan my weggeneem.Duisternis is my enigste geselskap.

Psalms 88