Psalms 87:3-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Wonderlike dinge word van jou gesê,stad van God! Sela

4. Ek sal Egipte en Babel noemonder dié wat My ken;ook Filistea en Tirus en ook Kus –almal het kinders van Sion geword!

5. Dit sal van Sion gesê word:“Dié een en dáárdie een is hier gebore.Die Allerhoogste hou dit in stand.”

6. Wanneer die Here die volke opskryf,sal Hy sê:“Dié een is hier gebore.” Sela

7. Hulle sing en bespeel die fluite:“Die bron van my seëninge is in Sion!”

Psalms 87