Psalms 86:12-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Met my hele hart sal ek U prys,Here, my God.Ek sal u Naam vir altyd verheerlik,

13. want u liefde vir my is baie groot.U het my uit die doderyk gered.

14. O God, verwaande mensehet my aangeval.Geweldenaars wil my doodmaak,mense met geen agting vir U nie.

15. U, Here, is barmhartig en genadig,U is stadig om kwaad te word,vol liefde en trou.

16. Sien my raak en wees my genadig.Gee sterkte aan u dienaar,red die seun van u dienares.

17. Stuur my ’n teken van u guns.My haters sal toekyken verslae wees,want U, Here, help en vertroos my.

Psalms 86