1. Luister tog na my gebed, Here!Antwoord my,want ek is arm en ellendig.
2. Beskerm my, want ek is getrou aan U.Red my, want ek is u dienaar.U is my God op wie ek vertrou.
3. Wees my genadig, Here,want die hele dag roep ek tot U.
4. Gee tog vir my blydskap,want na U is my verlange, Here.