Psalms 83:2-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Moenie onverskillig toekyk nie,o God.Moenie stilbly en niks doen nie, o God!

3. Luister na die rumoer van u vyande!U haters het hulle teen U verset.

4. Hulle smee komplotte teen u volk,hulle maak planne teen hulle vir wie U beskerm.

5. “Kom,” sê hulle.“Laat ons hulle as nasie uitwissodat die naam van Israelnie meer onthou sal word nie.”

6. Hulle het eenparig saamgespan,en ’n verdrag teen U gesluit:

Psalms 83