Psalms 8:3-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Kinders en babas besing u lof,want U het dié wat sterk is, bestraf,vyand en wreker stilgemaak.

4. Wanneer ek opkyk na die naghemelen ek sien die werke van u vingers,die maan en sterrewat U in hulle plekke geplaas het,

5. wat is die mens dat U aan hom dink,die mensdom dat U vir hulle omgee?

6. U het hom’n bietjie minder gemaakas hemelse wesens,en hom gekroon met roem en eer.

7. U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het.U het vir hom mag gegee oor alle dinge:

8. skape en beeste, alles,en ook die wilde diere van die veld,

9. die voëls in die lug,die visse in die see,en alles wat swem deur die seestrome.

Psalms 8