Psalms 79:5-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Hoe lank nog, o Here?Sal U vir altydkwaad wees?Sal u jaloesie brand soos vuur?

6. Stort u toorn uit oor die nasieswat weier om U te erkenen oor koninkrykewat u Naam nie aanroep nie.

7. Want hulle het Jakob verslind,en sy woonplek verwoes.

8. Moenie die sondes van ons voorouers teen ons hou nie.Ontferm U gou oor ons,want ons is baie mismoedig.

9. God van ons verlossing, help ons,red ons tog ter wille van die eer van u Naam, en vergewe ons sondester wille van u Naam.

10. Hoekom sou die nasies spot en vra:“Waar is hulle God?”Laat ons sien hoe U die nasies vergeldweens die bloedvergietingwat hulle oor u dienaars gebring het.

11. Luister na die versugtingvan hulle wat gevange geneem is.Gebruik u groot krag en red hullewat die dood in die gesig moet staar.

12. Vergeld ons bure sewe maal, Here, oor die veragtingwat hulle teen U geslinger het.

13. Dan sal ons, u volk, die skape van u weiding,U vir altyd dank,en U prys van geslag tot geslag.

Psalms 79