9. Die Efraimiete was goed bewapen,met boogskutters in hulle leër.Maar op die dag van die geveghet hulle omgedraai.
10. God se verbondhet hulle nie gehou nie,en hulle het geweierom volgens sy voorskrifte te lewe.
11. Hulle het sy dade vergeet,die wonders wat Hy hulle gewys het,
12. en die wonders wat God gedoen hetvoor die oë van hulle voorouersin Egipte en in die vlaktes van Soan.
13. Die see het Hy oopgekloofen hulle laat deurtrek.Hy het die water soos mure laat staan.