Psalms 78:8-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. en nie soos hulle voorouers wees nie.Hulle is ’n ongehoorsame,opstandige geslag,wie se hart nie getrou was nie,wie se gees ontrou was aan God.

9. Die Efraimiete was goed bewapen,met boogskutters in hulle leër.Maar op die dag van die geveghet hulle omgedraai.

10. God se verbondhet hulle nie gehou nie,en hulle het geweierom volgens sy voorskrifte te lewe.

11. Hulle het sy dade vergeet,die wonders wat Hy hulle gewys het,

12. en die wonders wat God gedoen hetvoor die oë van hulle voorouersin Egipte en in die vlaktes van Soan.

13. Die see het Hy oopgekloofen hulle laat deurtrek.Hy het die water soos mure laat staan.

14. Bedags het Hy hullemet ’n wolk gelei,en snags met ’n lig van vuur.

15. In die woestynhet Hy rotse gekloof,hulle laat drink asof uit diepwaters.

16. Hy het waterstromeuit die rots laat vloei,die water soos riviere laat stroom.

17. Tog het hulle voortgegaanom teen Hom te sondig,en in die woestyn in opstand gekomteen Hom, die Allerhoogste.

Psalms 78