Psalms 78:67-72 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

67. Hy het Josef se nageslag verwerp;die stam van Efraimhet Hy nie gekies nie.

68. Maar die stam van Juda het Hy gekies,vir Sionsberg, wat Hy liefhet.

69. Hy het sy heiligdom baie hoog gebou,stewig vir altyd soos die aarde self.

70. Hy het sy dienskneg Dawid gekies,hom van die skaapkrale af gaan haal.

71. Van agter die lammerooiehet Hy hom weggevatom sy volk Jakob te versorg,sy eie volk, Israel.

72. Hy het hulle met ’n opregte hart versorgen hulle met bekwame hande gelei.

Psalms 78