60. Hy het die tabernakel in Silo verlaat.Dit was sy tentwoning onder mense.
61. Hy het sy magtige ark prysgegee,sy glorie in die hande van vyande.
62. Hy het sy volk uitgeleweraan die swaard,want vir sy besondere eiendomwas Hy kwaad.
63. Hulle jong manneis deur vuur verteer,vir hulle jong meisiesis geen huweliksliedgesing nie.
64. Hulle priesters het deur die swaard gevalen hulle weduwees kon nie rou nie.
65. Toe het die Here ontwaaksoos iemand uit sy slaap,soos ’n sterk man ontwaakuit die bedwelming van wyn.