Psalms 78:53-60 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

53. Hy het hulle veilig geleisodat hulle nie bang was nie,maar hulle vyandeis deur die see oorweldig.

54. Hy het hulle gebringna ’n gebied wat Hy afgesonder het,na die berglandwat Hy deur sy mag verower het.

55. Hy het nasies voor hulle uit verdryf,die land as erfdeel aan hulle gegee,en die stamme van Israelin hulle woonplekke gevestig.

56. Hulle het egter die Allerhoogste beproef,teen Hom in opstand gekom,en sy gebooie nie gehoorsaam nie.

57. Hulle was afvallig en ontrounet soos hulle voorouers.Hulle was net so onbetroubaarsoos ’n onbruikbare boog.

58. Hulle het God ook kwaad gemaakmet afgodsdiens op die hoogtes.Met hulle afgodsbeeldehet hulle Hom uitgetart.

59. Toe God dit hoor, was Hy kwaad.Hy het Israel heeltemal verwerp.

60. Hy het die tabernakel in Silo verlaat.Dit was sy tentwoning onder mense.

Psalms 78