Psalms 78:41-56 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

41. Weer en weer het hulle God getarten die Heilige van Israel gepynig.

42. Hulle het vergeet van sy mag,van die dag toe Hy hulleverlos het van die vyand,

43. toe Hy sy tekens in Egipte getoon het,en sy wonders in die veld by Soan.

44. Hy het hulle riviere in bloed verandersodat niemand uit hulle strome kon drink nie.

45. Hy het muggies gestuurom hulle te byt,en paddas om hulle te verwoes.

46. Hy het hulle oeste aan sprinkane gegee;hulle hele opbrengs is opgevreet.

47. Hy het hulle wingerdemet hael verwoesen hulle wildevyebomemet ryp verniel.

48. Hy het die vee aan hael oorgegee,hulle skape aan weerligstrale.

49. Hy het sy toorn teen hulle losgelaat:woede, gramskap en ellendewas vir U hulle boodskappers van onheil.

50. Dit was ’n weg vir sy toorn:Hy het hulle lewens nie gespaar nie,maar hulle oorgegee aan die pes.

51. Al die eersgeborenes in Egiptehet Hy getref,al die oudste seuns in die wonings van Gam.

52. Maar sy eie volkhet Hy soos skape uitgelei,en soos ’n kudde skapehulle deur die woestyn gelei.

53. Hy het hulle veilig geleisodat hulle nie bang was nie,maar hulle vyandeis deur die see oorweldig.

54. Hy het hulle gebringna ’n gebied wat Hy afgesonder het,na die berglandwat Hy deur sy mag verower het.

55. Hy het nasies voor hulle uit verdryf,die land as erfdeel aan hulle gegee,en die stamme van Israelin hulle woonplekke gevestig.

56. Hulle het egter die Allerhoogste beproef,teen Hom in opstand gekom,en sy gebooie nie gehoorsaam nie.

Psalms 78