Psalms 78:26-44 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Hy het die oostewinduit die hemel losgelaat,en deur sy groot kragdie suidewind laat waai.

27. Hy het vleis oor hullesoos sand laat reën,voëls soos die sand van die seestrand.

28. Hy het dit in hulle kamp laat val,oral rondom hulle tente.

29. Hulle het meer as genoeg geëet.Hy het gegee wat hulle gevra het.

30. Maar hulle hongerwas nog nie gestil nie.Met die kos nog in hulle mond,

31. het die toorn van God hulle getref.Hy het die sterkste manne neergevel,en die room van Israel neergeslaan.

32. Tog het hulle aanhou sondig,en geweier om in sy wonders te glo.

33. Daarom het Hy hulle dae in nietigheid tot ’n einde laat kom,en hulle jare in onheil.

34. Wanneer God sommigevan hulle laat omkom,het hulle weer na sy wil gevra.Dan het hulle berou getoonen ywerig na God toe teruggekom.

35. Hulle het onthou God is hulle rots,en die Allerhoogste hulle verlosser.

36. Maar met die mond het hulle Hom bedrieg;en met die tong vir Hom gelieg.

37. Hulle hart was ontrou aan Hom,sy verbond het hulle nie gehou nie.

38. Tog was Hy genadigen het hulle sondes vergeween nie hulle almal vernietig nie.Dikwels het Hy sy toorn teruggehouen sy woede nie losgelaat nie.

39. Want Hy het daaraan gedinkdat hulle sterflinge is,’n asempie wat spoedig verdwynen nooit weer terugkom nie.

40. Hoe dikwels het hullein die woestynteen Hom in opstand gekom,en het hulle in die woestenysy hart bedroef!

41. Weer en weer het hulle God getarten die Heilige van Israel gepynig.

42. Hulle het vergeet van sy mag,van die dag toe Hy hulleverlos het van die vyand,

43. toe Hy sy tekens in Egipte getoon het,en sy wonders in die veld by Soan.

44. Hy het hulle riviere in bloed verandersodat niemand uit hulle strome kon drink nie.

Psalms 78