9. Het sy troue liefde vir altyd verdwyn?Het sy beloftes tot ’n einde gekom?
10. Het God sy medelye vergeet?Het Hy in toorn sy simpatie onttrek? Sela
11. Ek het gesê: “Dit is my droefheid:dat die Allerhoogste nie optreesoos Hy voorheen gedoen het nie.”
12. Here, ek onthou wat U gedoen het,ja, ek onthou u wonderlike dade van destyds.
13. U dade bly in my gedagtes.Al u werke wil ek bepeins.
14. O God, u weë is heilig.Is daar enige god so magtig soos U?
15. U is die God wat wonders doen!U het u mag aan die nasies getoon.
16. Deur u mag het U u volk gered,die nageslag van Jakob en Josef. Sela
17. Toe die waters U sien, o God,toe hulle U sien, het hulle gebewe,selfs die diepsee het gesidder.
18. Die wolke het reën neergestort,die donderslae het gerammel,u weerligpyle het oral geblits.
19. U donder het gebulder in die storm;weerligstrale het die wêreld verlig!Die aarde het gebewe en geskud.
20. U pad loop deur die see,u weg was deur magtige waters,maar u spoor kon niemand sien nie.
21. Soos ’n kudde het U u volk gelei;Moses en Aäron was hulle herders.