Psalms 77:8-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Het die Here my vir altyd verwerp?Sal Hy ooit weer sy genade bewys?

9. Het sy troue liefde vir altyd verdwyn?Het sy beloftes tot ’n einde gekom?

10. Het God sy medelye vergeet?Het Hy in toorn sy simpatie onttrek? Sela

11. Ek het gesê: “Dit is my droefheid:dat die Allerhoogste nie optreesoos Hy voorheen gedoen het nie.”

12. Here, ek onthou wat U gedoen het,ja, ek onthou u wonderlike dade van destyds.

13. U dade bly in my gedagtes.Al u werke wil ek bepeins.

14. O God, u weë is heilig.Is daar enige god so magtig soos U?

15. U is die God wat wonders doen!U het u mag aan die nasies getoon.

Psalms 77