2. Ek roep hardop tot God.Ek roep hardop tot God om na my te luister!
3. In my nood soek ek die Here.Ook in die nag strek ek onvermoeid my hande uit in gebed.Tog het ek geen troos gekry nie.
4. Ek dink aan God, en ek sug,ek peins daaroor en is moedeloos. Sela
5. U verhinder dat ek slaap;van ontsteltenis kan ek nie praat nie!
6. Ek dink aan die dae van vroeër,aan jare van lank gelede,
7. toe ek gesing het in die nag,nagedink het oor sake.Dan vra ek my af in my binneste: