Psalms 77:18-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Die wolke het reën neergestort,die donderslae het gerammel,u weerligpyle het oral geblits.

19. U donder het gebulder in die storm;weerligstrale het die wêreld verlig!Die aarde het gebewe en geskud.

20. U pad loop deur die see,u weg was deur magtige waters,maar u spoor kon niemand sien nie.

21. Soos ’n kudde het U u volk gelei;Moses en Aäron was hulle herders.

Psalms 77