Psalms 76:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Toe U hulle bestraf, o God van Jakob,het ruiter en perd dood neergeval.

8. U moet gevrees word, ja, U!Wie kan voor U standhouwanneer u toorn ontbrand?

9. Uit die hemel het U uitspraak gelewer;die wêreld was bang en stil.

10. God het opgestaan om te oordeel,om die verdruktes op aardete red. Sela

11. Die woede van mense –dit verander U tot lof.Wat nog daarvan oorbly, gebruik U in u diens.

12. Maak geloftes aan die Here jou God,en voer dit uit.Laat almal rondom Hom geskenke bringaan Hom, die Ontsagwekkende.

Psalms 76