Psalms 74:19-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Moenie die lewe van u duiweaan wilde diere gee nie.Moenie u verdrukte volkvir altyd vergeet nie.

20. Kyk tog na u verbond,want tot in die donkerste hoekiesis die aarde vol geweld!

21. Moenie dat die verdruktein skande omdraai nie.Laat die behoeftiges en armesu Naam liewer prys.

22. Staan op, o God, en verdedig u saak.Onthou hoe dwase menseU die hele dag beskuldig.

23. Vergeet nie die geraas van u vyande,die lawaai van u teenstanderswat voortdurend opgaan nie.

Psalms 74