Psalms 74:11-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Hoekom hou U u regterhand terug?Steek uit u hand en vernietig hulle!

12. U, o God, is van lankal af my koning,U bring redding op die aarde.

13. Deur u krag het U die see verdeel,die koppe van seemonstersin die water vermorsel.

14. Die koppe van die Leviatanhet U verpletter.U het hom as kosvir die woestyndiere gegee.

15. U laat fonteine en strome vloei,en standhoudende riviere opdroog.

16. Selfs dag en nag behoort aan U;U het die son en maan gemaak.

17. U het die grense van die aarde bepaal,somer en winter het U gemaak.

Psalms 74