Psalms 72:10-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Mag die konings van Tarsisen die kuslandevir hom belasting betaal,die konings van Skeba en Sebavir hom geskenke bring.

11. Mag al die konings voor hom buig,en al die nasies hom eer bewys.

12. Ja, die armes wat roep, sal hy verlos,ook die verdrukte sonder helper.

13. Hy het medelye met swakkesen behoeftiges,en red die lewe van behoeftiges.

14. Uit onderdrukking en geweldsal hy hulle red,want hulle lewens is kosbaar vir hom.

15. Lank leef die koning!Mag hy goud uit Skeba ontvang.Mag mense gedurig vir hom biden die hele dag hom seën.

16. Mag daar volop graan weesin die land,en die bergtoppe daarvan wuif.Mag dit vrugbaar weessoos die Libanon,en mag die stede groeisoos gras op die veld.

Psalms 72