Psalms 72:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. O God,skenk u geregtigheid aan die koning,en u regverdigheidaan die seun van die koning.

2. Hy sal u volk regverdig oordeelen aan armes reg verskaf.

3. Die berge sal voorspoed bringvir die volk,en die heuwels regverdigheid.

4. Hy sal aan die verdruktesreg verskaf,die kinders van behoeftiges red,hulle verdrukkers verpletter.

5. Mag hulle U dienso lank as wat die son skyn,en die maan daar is,geslag na geslag!

6. Mag hy wees soos reën vir plante,soos reënbuie wat die aarde natmaak.

7. Mag regverdiges floreertydens sy bewinden voorspoed in oorvloed ontvangtot die maan nie meer daar is nie.

8. Mag hy regeer van see tot see,en vanaf die Eufraattot aan die eindes van die aarde.

9. Mag woestynbewonersvoor hom buig,sy vyande voor homin die stof kniel.

10. Mag die konings van Tarsisen die kuslandevir hom belasting betaal,die konings van Skeba en Sebavir hom geskenke bring.

Psalms 72