Psalms 71:3-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Wees vir my ’n rots en ’n toevlug,’n plek waarheen ek altyd kan vlug.U het reeds my redding bepaal,want U is my rots en my vesting.

4. My God, red myuit die mag van goddeloses,uit die kloue van mensewat wreed en onregverdig is,

5. want U, Here, is my hoop.Here,van kleins af het ek op U vertrou.

6. U is my hulp vanaf geboorte;reeds voor geboortehet U vir my gesorg.Dis waarom ek U gedurig prys.

7. Ek is ’n wonder vir baie,want U is my sterke toevlug.

8. Ek hou aan om U te prys;die hele dag sing ekoor u heerlikheid.

9. Moenie my eenkant toe stootnoudat ek oud geword het nie.Moenie my verlaatwanneer my kragte afneem nie.

10. Want my vyande beplan teen my;dié wat my lewe soek,span saam teen my.

11. Hulle sê: “God het hom verlaat.Kom ons agtervolg hom en vang hom,want niemand sal hom red nie.”

12. O God,moenie ver wees van my nie.My God,maak tog gou en help my.

13. Laat my aanklaersin skande omkom.Laat vernedering en oneer hulle tref,hulle wat my skade wil aandoen.

14. Maar ek sal aanhou hoop,U meer en meer prys.

15. Ek sal u regverdigheid bekendmaak,en die hele dag van u redding vertel,al is dit te veel om op te noem.

16. Oppermagtige Here, ek komom u magtige dade te prys,ek sal vir almal verteldat U alleen regverdig is.

17. O God,U het my van jongs af geleer,en nog steeds getuig ekvan u wonderdade.

Psalms 71