Psalms 71:18-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. O God,noudat ek oud en grys is,moenie my verlaat nie,sodat ek aan die nageslagteu mag bekend kan maak,en aan elkeen wat nog sal komvan u magtige werke kan vertel.

19. U regverdigheid, o God,reik tot aan die hoogste hemele.U het wonderlike dinge gedoen.Wie is soos U, o God?

20. U het diep nood oor my laat kom,maar U herstel my weer tot lewe.Uit die diepwaters van die aarde,uit die doderyk, rig U my weer op.

21. U sal my in eer herstelen weereens my vertrooster wees.

22. Dan sal ek U prys met die harp,want U is getrou, o God.Met sang en lier sal ek U loof,o Heilige van Israel.

23. Van vreugde sal ek jubelen u lof besing,want U het my gered.

24. Heeldag vertel ek van u geregtigheid.Dié wat my kwaad wou aandoen,is nou self beskaam en verneder.

Psalms 71