13. Laat my aanklaersin skande omkom.Laat vernedering en oneer hulle tref,hulle wat my skade wil aandoen.
14. Maar ek sal aanhou hoop,U meer en meer prys.
15. Ek sal u regverdigheid bekendmaak,en die hele dag van u redding vertel,al is dit te veel om op te noem.
16. Oppermagtige Here, ek komom u magtige dade te prys,ek sal vir almal verteldat U alleen regverdig is.
17. O God,U het my van jongs af geleer,en nog steeds getuig ekvan u wonderdade.
18. O God,noudat ek oud en grys is,moenie my verlaat nie,sodat ek aan die nageslagteu mag bekend kan maak,en aan elkeen wat nog sal komvan u magtige werke kan vertel.
19. U regverdigheid, o God,reik tot aan die hoogste hemele.U het wonderlike dinge gedoen.Wie is soos U, o God?