Psalms 7:9-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Here, U wat regspreek oor die volke,oordeel my, Here,volgens my regverdigheiden in die lig van my onskuld.

10. Regverdige Godwat gedagtes en gevoelens deursoek,maak ’n eindeaan die boosheid van die goddelose,maar ondersteun die regverdiges.

11. God is my skild,Hy wat opregtes van hart verlos.

12. God is ’n regverdige regter;God oordeel bose mense daagliks.

13. As iemand nie berou het nie,maak Hy sy swaard skerp.Hy span sy boog en hou dit gereed.

14. Hy het dodelike wapens voorbereien sy vurige pyle is gereed.

15. Hy wat swanger is van sonde,wat verwagtend is van onheil,gee geboorte aan leuens.

Psalms 7