Psalms 7:5-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. as ek ’n vriend van my verraai het,my vyand sonder rede beroof het,

6. laat my vyande my agtervolg en vang,my in die grond in vertrap,my eer tot in die stof verneder. Sela

7. Staan op, Here, in u toorn!Tree op teen my vyande se woede!Kom tot aksie, my God!Laat u geregtigheid seëvier!

8. Laat die nasies om U versamel.Sit op u troon, ver bo hulle verhewe.

9. Here, U wat regspreek oor die volke,oordeel my, Here,volgens my regverdigheiden in die lig van my onskuld.

Psalms 7