15. Trek my op uit die moddersodat ek nie dieper wegsink nie!Red my van my hatersen uit die diep waters.
16. Moenie dat die watervloedmy oorweldig,of die diep waters my insluk,of die graf bokant my toegaan nie.
17. Antwoord my, Here, want u genade is goed;verhoor myin u groot barmhartigheid.
18. Moenie u gesigvir u dienaar wegdraai nie;antwoord my gou, want ek is in nood!
19. Kom na my toe en red my lewe.Bevry my tog van al my vyande.
20. U ken die beledigings,die vernedering en die skande;U het al my vyande gesien.
21. Hulle beledigings het my gebreek,en ek is radeloos.Ek het gesoek vir meegevoel,maar tevergeefs;vir ’n bemoediger,maar daar was niemand.
22. In plaas van kos gee hulle my gif;hulle gee asyn om my dors te les.
23. Laat die feesmaalop hulle tafel’n strik word.Laat hulle welvaarthulle ondergang wees.
24. Laat hulle oë blind word,en hulle liggame al swakker.
25. Stort u woede uit op hulle;laat u brandende toorn hulle verteer.
26. Mag hulle wonings leeg staanen hulle tente verlate.
27. Hulle vervolg die eenwat U reeds getref heten vertel van die pynvan dié wat U deurboor het.
28. Stapel hulle sonde opsodat hulle nie sal deelin u vryspraak nie.