Psalms 68:6-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. ’n Vader vir wese, ’n beskermer van weduwees;dít is God in sy heilige woning.

7. God gee aan die eensame ’n tuiste;dié wat gevange is, lei Hy na vryheid,maar opstandelinge woonin ’n verlate woestyn.

8. O God, toe U u volk uitgelei het,toe U deur die woestyn getrek het, Sela

9. het die aarde gebeween die hemele het laat reënvoor U, die God van Sinai,voor God, die God van Israel.

10. O God,U het oorvloedige reëns gestuurom u uitgedorde erfdeel te verkwik.

11. Daar het u volk hulle gaan vestig.In u goedheid het U, o God,ook vir die armes voorsien.

12. Die Here het bekendgemaak:“’n Menigte vroue bring die goeie nuus.

13. Konings en leërs het gevlug.”Hulle het gevlug,en vroue het tuis die buit verdeel.

14. Waar julle eersby skaapkrale gewoon het,is julle nou oordekmet silwer en goudsoos ’n duif hom toemaakmet sy vlerke.

15. Toe die Almagtige die konings verstrooi,het ’n sneeustormop Salmonsberg gewoed.

16. Basanberg is ’n godeberg,’n berg met hoë spitse is Basanberg.

17. Berg met hoë spitse,hoekom kyk jy met afgunsna die berg wat Godas woning gekies het,daar waar die Herevir altyd sal woon?

18. Met derduisende skitterendestrydwaens van Godhet die Here vanaf Sinaibergna sy heiligdom toe gekom.

19. Toe U opgegaan het na die hoogte,het U krygsgevangenes weggevoer.Mense het vir U geskenke gegee,selfs dié wat teen U in opstand was.Nou sal die Here Godonder ons kom woon.

20. Prys die Here wat ons dag na dagin sy arms dra.Hy is die God van ons verlossing. Sela

Psalms 68