Psalms 68:18-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Met derduisende skitterendestrydwaens van Godhet die Here vanaf Sinaibergna sy heiligdom toe gekom.

19. Toe U opgegaan het na die hoogte,het U krygsgevangenes weggevoer.Mense het vir U geskenke gegee,selfs dié wat teen U in opstand was.Nou sal die Here Godonder ons kom woon.

20. Prys die Here wat ons dag na dagin sy arms dra.Hy is die God van ons verlossing. Sela

21. God is vir ons die God wat verlos!Die oppermagtige Here het beheer oor die dood.

22. Immers, God self verpletterdie koppe van sy vyande,die koppe van hullewat in sonde volhard.

Psalms 68