2. Sing tot eer van sy Naam!Gee Hom eer en lof.
3. Sê vir God:“Hoe ontsagwekkend is u werke!U vyande kruip voor u groot mag.
4. Almal op die aarde sal U aanbid;hulle moet sing tot u eeren lofsing tot eer van u Naam.” Sela
5. Kom en kyk wat God gedoen het,sy magtige dade met die mensdom!
6. Die see het Hy verander in ’n droë pad,droogvoets het hulle deur die rivier gegaan.Kom, laat ons jubel oor Hom,
7. Hy wat vir altyddeur sy groot mag regeer.Sy oë is gerig op die nasies.Laat geen opstandelinghomself verhef nie. Sela
8. Alle volke, prys ons Goden laat sy lof weerklink.