Psalms 66:11-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. U het ons met ’n net gevang,’n sware las op ons geplaas.

12. U het mense oor ons laat ry,ons deur vuur en vloed laat gaan,en tog gebring waar daar oorvloed is.

13. Met brandofferskom ek na u tempel;geloftes aan U wil ek betaal,

14. geloftes met eie lippe en mond gesêtoe ek diep in moeilikheid was.

15. As brandoffer bring ekdie vetste van my vee,as wierook die beste van my ramme.Ook bulle en skape sal ek offer. Sela

16. Kom en luister, dienaars van God,ek sal vertel wat Hyvir my gedoen het.

17. Ek het na Hom om hulp geroep,Hom geprys terwyl ek praat.

18. As ek kwaad in my hart bedink het,sou die Here nie na my luister nie.

19. Maar God het tog geluister;Hy het my gebed verhoor.

20. Loof God wat my gebednie verwerp het nieen sy troue liefdenie aan my onttrek het nie.

Psalms 66