Psalms 66:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Almal op aarde, juig tot eer van God!

2. Sing tot eer van sy Naam!Gee Hom eer en lof.

3. Sê vir God:“Hoe ontsagwekkend is u werke!U vyande kruip voor u groot mag.

4. Almal op die aarde sal U aanbid;hulle moet sing tot u eeren lofsing tot eer van u Naam.” Sela

5. Kom en kyk wat God gedoen het,sy magtige dade met die mensdom!

Psalms 66