Psalms 65:8-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. U bedaar die gedruis van die see,die dreuning van die golwe,en die rumoer van die nasies.

9. Mense in afgeleë plekkekry ontsag vir u wonders.Van waar die son opkomtot waar dit ondergaan,laat U hulle sing van vreugde.

10. U versorg die aarde, en laat dit reën,U maak dit ryk en vrugbaar.Die riviere van God is vol water;U verskaf graan soos U bepaal het.

11. U vul die leivore met water,en deurweek die kluite;U laat hulle sag word van reënen laat alles welig groei.

12. U kroon die jaar met u goeie gawes;in u spore volg daar oorvloed.

13. Die woestyn word ’n weiland,die heuwels is oordekmet vreugde.

14. Die weivelde wemel van kleinvee,en die valleie is oordek met graan.Hulle juig en sing van vreugde!

Psalms 65