Psalms 65:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. O Hoorder van gebed,na U toe sal alle mense kom.

4. Wanneer sondige dade my oorweldig,vergewe dan tog my opstandigheid.

5. Geseënd is dié vir wie U uitkies,hulle wat U laat naderkomen in u tempel laat woon.Mag ons oorlaai wordmet die goedheid van u huis,in u heilige tempel.

6. God ons verlosser,U antwoord ons met magtige dadeen in geregtigheid.Tot aan die einde van die aardeen vanaf die verste seë hoop mense op U.

7. Deur u krag is die berge gevorm;Uself is met mag omgord.

8. U bedaar die gedruis van die see,die dreuning van die golwe,en die rumoer van die nasies.

Psalms 65