Psalms 62:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Net by God kan ek rustig wag,van Hom kom my verlossing.

3. Net Hy is my rots en my redding,my vestingwaar ek baie stewig staan.

4. Hoe lank sal julle ’n mens aanval?Hulle almal probeerom my dood te maak.Ek is reeds soos ’n bouvallige muur,of ’n vervalle heining.

5. Hulle wil my my ereplek ontneem.Hulle geniet dit om leuens te vertel.Met hulle mond seën hulle my,maar in hulle hartevervloek hulle my. Sela

6. Ek wil rustig op God wag,want van Hom kom al my hoop.

7. Net Hy is my rots en my redding,my vesting waar ek stewig staan.

Psalms 62