2. Red my van my vyande, o God.Laat my vyande my nie in die hande kry nie.
3. Bevry myvan dié wat boosheid bewerk;red my togvan dié wat bloeddorstig is.
4. Want kyk, hulle lê my voor.Gedugte mense span saam teen myal het ek nie oortreeof gesondig nie, Here.
5. Hoewel ek onskuldig is,bestorm hulle my,gereed vir die aanval.Ontwaak en help my!Kyk tog wat hulle doen!
6. O Here, God die Almagtige,God van Israel,gryp tog in en straf al die nasies.Betoon geen genadeaan bose verraaiers nie. Sela
7. Hulle kom terug in die nag,hulle grom soos hondewat in die stad ronddwaal.
8. Kyk hoe hulle mybeledig met hulle monde!Hulle wys hulle tandeterwyl hulle dink: “Wie sal ons hoor?”
9. Maar, Here, U lag vir hulle.U spot met al die nasies.
10. My sterkte, op U wag ek,want U, o God, is my skuilplek.
11. My troue God sal my tegemoetkom.God sal my laat neersien op my vyande.
12. Moenie hulle dadelik doodmaak nie,want my volk vergeet so gou;laat hulle steier deur u krag,en bring hulle tot ’n val,Here, ons skild.