Psalms 58:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. God, slaan hulle tande stukkendin hulle mond.Here, breek die slagtandevan hierdie leeus.

8. Laat hulle verdwyn soos water wat wegsypel.Laat hulle vertrap wordsoos droë gras,

9. soos ’n misgeboorte wat wegsmelt,soos ’n doodgeborenewat nie die son sien nie.

10. Vinniger as wat ’n pot warm wordoor ’n doringvuursal God hulle wegvee,sowel jonk as oud.

11. Die getroue sal bly wees by aanskoue van die vergelding.Die bloed van die goddeloses sal hy afwas van sy voete.

12. Dan sal almal sê:“Daar is regtig beloningvir dié wat toegewyd lewe;daar is beslis ’n Godwat regverdig oordeel op aarde.”

Psalms 58