2. Wees my genadig, o God, wees my genadig!Ek soek skuiling by U.In die skaduwee van u vlerkesal ek skuiltotdat die onheil verby is.
3. Ek roep tot God die Allerhoogste,tot God wat gereed is om te help.
4. Uit die hemel antwoord Hy en red my;hulle wat my wil vernietig,sal Hy verneder. SelaGod sal sy trou en waarheid stuur.
5. Ek is omring deur leeus,tussen bloeddorstige mensewat my wil verskeur.Hulle tandeis soos spiese en pyle,hulle tonge so skerp soos swaarde.
6. O God, mag U geprys wordver bokant die hemele,en u heerlikheid besing wordoor die hele aarde.