Psalms 52:6-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Jy geniet woorde wat vernietig,en met jou tong bedrieg jy!

7. Maar God sal jou vir altyd neergooi.Hy sal jou gryp,jou uit jou woning wegsleepen jou ruk uit die landvan die lewendes. Sela

8. Die regverdiges sal dit sienen met eerbied vervul word.Hulle sal lag en sê:

9. “Kyk wat gebeur met die manwat nie by God geskuil het nie:Hy het eerder op sy rykdom vertrou,en deur verwoesting sterk geword.”

10. Maar ek is soos ’n olyfboomwat geil groei in die huis van God.Ek vertrou op God se goedheidso lank as wat ek lewe.

11. Ek sal U altyd loof, o God,vir wat U gedoen het.Ek sal op u Naam hoop,want hulle wat aan U getrou is,weet dat U goed is.

Psalms 52