9. Neem weg my sonde met hisopsodat ek skoon kan wees,was mydat ek witter as sneeu kan wees.
10. Gee my tog weerblydskap en vreugde;U het my stukkend gebreek,laat my weer vol vreugde wees.
11. Moenie let op my sondes nie,en wis al my oortredings uit.
12. Skep vir my ’n rein hart, o God.Gee my ’n nuwe, standvastige gees.
13. Moenie my verbanwég van u teenwoordigheid nie,en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie.
14. Gee my tog weer die vreugdevan u reddingen maak my gewillig om U te gehoorsaam.
15. Dan sal ek oortreders u weë leer,sodat sondaarshulle tot U sal bekeer.