Psalms 51:13-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Moenie my verbanwég van u teenwoordigheid nie,en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie.

14. Gee my tog weer die vreugdevan u reddingen maak my gewillig om U te gehoorsaam.

15. Dan sal ek oortreders u weë leer,sodat sondaarshulle tot U sal bekeer.

16. Verlos my van bloedvergieting,God, my Redder-God.Dan sal ek voluit sing van u regverdigheid.

17. Help my om te praat, Here,sodat ek u lof kan verkondig.

18. U verlang nie offers nie,anders sou ek dit bring.Selfs brandoffers wil U nie hê nie.

19. Die offer wat U wil hê, o God,is ’n gebroke gees.’n Gebroke en berouvolle hartsal U nie verwerp nie, o God.

Psalms 51