Psalms 50:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here is God, net Hy is God.Hy praat en roep die hele aarde opvan waar die son opkomtot waar dit ondergaan.

2. Vanuit Sion, in volmaakte prag,skyn God in heerlikheid.

3. Ons God kom nader,maar nie in stilte nie:Voor Hom verteer ’n vuuren rondom Hom woed ’n storm.

4. Hy roep die hemel en die aarde om sy getuies te weeswanneer Hy regspreek oor sy volk:

5. “Versamel diéwat getrou is aan My,en met offers’n verbond met My sluit.”

6. Die hemelemaak sy regverdigheid bekend,want God self is die regter. Sela

Psalms 50